top of page

FORMULE EEN: Renault gaan Formule Een vaarwel toeroep na 2025

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 2, 2024
  • 1 min read

Die motorvervaardiger Renault het aangekondig dat 2025 hulle laaste seisoen in Formule Een sal wees. Die vervaardiger se Alpine-span sal dus van 2026 ‘n krageenheid van ‘n ander vervaardiger ontvang. Volgens ‘n verklaring van Renault sal elke werknemer wat deur die transformasie projek geraak word ‘n nuwe posisie binne Alpine-Hypertech aangebied word. Daar word bespiegel dat Alpine in 2026 Mercedes-enjins sal gebruik.

 
 
 

Comments


bottom of page