top of page

GEMENGDE GEVEGSKUNS: Perth maak gereed vir UFC-vegaand

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 15, 2025
  • 1 min read

Die UFC het bevestig dat hulle na Perth in Australië sal terugkeer vir ‘n vegaand-geleentheid op 28 September 2025. Dit is die vierde UFC-geleentheid in die stad maar die eerste wat nie ‘n betaal-per-kyk-geleentheid is nie. Terwyl die gevegrooster nog aangekondig moet word sal die Australiese kampioene Alexander Volkanovski en Jack Della Maddalena wel daardie aand in aksie wees. Intussen kan ondersteuners uitsien na ‘n groot geveg net ‘n maand vroeër wanneer die middelgewig-kampioen Dricus “Stillknocks” du Plessis sy titel teen die Russies gebore Khamzat Chimaev op 17 Augustus by UFC 319 in Chicago gaan verdedig.

 
 
 

Comments


bottom of page