top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

GHOLF: Kortlys vir jaar se beste spelers aangekondig

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 26, 2024
1 min read

Die PGA-toer het die gholfspelers benoem vir die Jack Nicklaus- en Arnold Palmer-toekenning, wat gaan aan die speler van die jaar en nuweling van die jaar. Die wêreld se beste mansgholfspeler, Scottie Scheffler, die twee-malige major wenner, Xander Schuaffele, en die DP World Tour-kampioenskapswenner, Rory McIlroy, is op die kortlys vir die toekenning van PGA se Speler van die Jaar vir 2024. Op die kortlys vir PGA se Nuweling van die Jaar is die Fransman Matthieu Pavon, en Amerikaners Nick Dunlap, Jake Knapp en Max Greyserman. Lede van die PGA-toer sal stem vir die wenner deur tot en met 4 Desember.

 
 
 

Comments


bottom of page