top of page

GHOLF: Oosthuizen blink uit in die Hongkong-Ope

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 3
  • 1 min read

Louis Oosthuizen het sy goeie gemoed ná die Bokke se oorwinning oor Japan voortgesit deur saam derde te eindig in die Hongkong-Ope.


Hy het die rondes vir ’n totaal van 261 houe afgesluit, terwyl Noord-Ierland se jong, Tom McKibbin, met 253 houe die titel ingepalm het.


Die Amerikaner, Peter Uihlein, was tweede op 260 houe, met Oosthuizen, Tomoyo Ikemura en MJ Maguire saam derde op 261.


Onder die ander Suid-Afrikaners was Charl Schwartzel op 265 en Ian Snyman op 273, terwyl, Ashleigh Buhai intussen 16de was in die Maybank-kampioenskap in Maleisië.


Louis Oosthuizen. FOTO: Golf Monthly
Louis Oosthuizen. FOTO: Golf Monthly

Comments


bottom of page