top of page

GIMNASTIEK: Die IOK het versoek om nie sportbyeenkomste in Indonesië aan te bied nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 23
  • 1 min read

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het internasionale sportfederasies versoek om nie sportbyeenkomste in Indonesië aan te bied nie.


Dit volg nadat Indonesië Israeliese gimnaste verbied het om aan 'n wêreldkampioenskap wat vandeesmaand daar plaasvind, deel te neem.


Rosestad Sport het vroeër berig dat Indonesië Israeliese gimnaste se visas geweier het om steun aan Palestina te wys.


Die IOK sê in 'n verklaring hy sny ook alle gesprekke af oor enige moontlike Olimpiese Spele-bod deur Indonesië totdat die regering waarborge gee dat alle sportlui, ongeag nasionaliteit, in die toekoms daar sal kan deelneem.


The IOC. FOTO: Olympics
The IOC. FOTO: Olympics

Comments


bottom of page