Griekwastad: Groenewald roep hokaai vir die moordenaar se parool
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 7 days ago
- 1 min read
Die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, het gesê hy wil die driedubbele moordenaar van Griekwastad se profiel onder oë wil kry sodat hy eers oor die moontlike hersiening van die beslissing kan besin.
Netwerk24 berig hy het die besluit van die paroolraad in Upington om die man, wat slegs 15 was toe hy in 2012 'n gesin in hul plaashuis uitgewis het, op parool vry te laat, na die hersieningsraad vir korrektiewe toesig en parool verwys.
Die man is 20 jaar tronkstraf opgelê vir die moorde op die boer Deon Steenkamp, sy vrou, Christel, en hul dogter, Marthella, asook vir die verkragting van Marthella. Sy plasing op parool sou met ingang van 25 Maart vanjaar intree totdat sy vonnis op 13 Maart 2034 verstryk.
Groenewald verduidelik dat hy as minister slegs in die geval van oortreders wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis is die mag het om die paroolraad se beslissing om te keer. Aangesien die oortreder tot 20 jaar gevonnis is, berus die besluit by die paroolhersieningsraad en kan hy net ’n aanbeveling maak.







Comments