top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Herstelwerk is aan die gang ná waterlekkasies by Bophelo House

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
20 hours ago
1 min read

Die Departemente van Openbare Werke en Gesondheid sê herstelwerk is aan die gang by Bophelo House in Bloemfontein nadat waterlekkasies Dinsdag tot ’n verbodskennisgewing gelei het.


’n Tegniese ondersoek het vasgestel dat die lekkasie uit ’n verkoelingskanaal gekom het tydens toetse van die verhitting-, ventilasie- en lugversorgingstelsel.


Luidens ‘n verklaring sal die herstelwerk na verwagting Donderdag voltooi word, waarna die geaffekteerde areas skoongemaak en herstel sal word.


Rosestad-nuus het vroeër berig die woordvoerder van die Gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, sê ’n skoonmaker wat tydens die voorval gegly het, is by die Nasionale Distrikshospitaal ondersoek en is gesond verklaar. Personeel was ook aangesê om van die huis aft e werk.



Herstelwerk is aan die gang by Bophelo House in Bloemfontein. FOTO: Central News
Herstelwerk is aan die gang by Bophelo House in Bloemfontein. FOTO: Central News

 

 
 
 

Comments


bottom of page