’n Swerm bye val mense en diere in Parys aan

53 minutes ago
1 min read
’n Swerm aggressiewe bye het mense en diere in die Vrystaatse dorpie Parys aangeval. ’n Vrou is in ’n ernstige toestand by Mediclinic Potchefstroom.
Volgens Parys Gazette is ’n perdekar-eienaar van Tumahole verskeie kere gesteek en hospitaal toe geneem, maar hy is later dieselfde dag ontslaan.
Sy twee perde is ook deur die swerm aangeval en was in groot nood. Lede van die Dierebeskermingsvereniging (DBV), ’n veearts, byespesialiste en inwoners het saamgewerk om die diere te red en na die DBV se perseel te vervoer. Die reddingspoging het sowat vier en ’n half uur geduur.
Daar word verder berig dat verskeie honde en voëls tydens die bye-aanval dood is.









Comments