top of page

Hoe rooier hoe mooier die maansverduistering

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 8
  • 1 min read

Soos talle Suid-Afrikaners het Bloemfonteiners ook Sondagaand hul oë na die hemele gelig om te sien hoe die maan ‘n bietjie rooier as normaalweg vertoon.

‘n Totale maansverduistering het plaasgevind van ongeveer 19:30 tot 20:50, met die maksimum om en by 20:10.

IOL berig die South Africa Agency for Science and Technology Advancement (SAASTA) het verduidelik dat anders as met ‘n sonsverduistering, oogbeskerming nie met ‘n maansverduistering nodig is nie.

Volgens space.com gebeur ‘n bloedmaan – soos wat gisteraand sigbaar was – wanneer die aarde se skaduwee die hele volmaan bedek, sonlig deur die atmosfeer filtreer, en dan die maan se oppervlak ‘n diep rooi of koper-kleur laat vertoon.

Die verduistering was vir ongeveer 80 minute.

 
 
 

Comments


bottom of page