top of page

HOKKIE: S.A. vrouespan aangekondig vir die Afrika Nasies Beker-toernooi in Egipte

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 14, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse vroue hokkiespan is aangekondig wat aan die 9de Afrika Nasiesbeker-toernooi in Ismailia, Egipte gaan deelneem. Die span se hoofafrigter Inky Zondi het ‘n gebalanseerde en ervare span saamgestel. Ané Janse van Vuuren, Caylin Maree en Jeanri Thomas is die drie nuwelinge in die groep terwyl nege spelers wat by die Olimpiese Spele in Parys in aksie was weer gaan saamtoer. Die ervaring van Quanita Bobbs wat reeds haar land in 185 wedstryde verteenwoordig het sal goud werd wees vir die span wanneer die verdedigende kampioen se veldtog die 11de Oktober in aanvang neem. Dié toernooi eindig die 18de Oktober met die wenner wat sal kwalifiseer vir die 2026 Internasionale Hokkie Federasie se Wêreldbeker-toernooi wat in België en Nederland beslis sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page