Hulde word gebring aan Phumzile Mlambo-Ngcuka

Familie, vriende en hooggeplaastes sal na verwagting in Rivonia in Gauteng byeenkom om hulde te bring aan die voormalige adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka.
Die 71-jarige is Vrydag oorlede ná komplikasies weens ’n mediese prosedure.
Mlambo-Ngcuka het as adjunkpresident gedien voordat sy aan die hoof van VN-Vroue gestaan het, waar sy internasionaal vir vroueregte en geslagsgelykheid gepleit het.
Sy word onthou vir haar bydrae tot die land se bevrydingstryd en staatsdiens, asook haar beywering vir vrouebemagtiging.
Sy sal Saterdag tydens ’n staatsbegrafnis in eXesi in die Oos-Kaap ter ruste gelê word.
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het aan die media gesê dat haar dood vir hulle as ’n skok gekom het.
LUISTER HIER:










Comments