Julius Malema is skuldig bevind nadat hy geweerskote afgevuur het
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 1
- 1 min read
Die EFF-leier, Julius Malema, is in die Oos-Londense landdroshof skuldig bevind op aanklagte van roekelose bedreiging van veiligheid.
Hy is daarvan beskuldig dat hy skote in die lug afgevuur het tydens ‘n EFF-saamtrek in Mdantsane in 2018.
eNCA berig Malema is skuldig bevind aan die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer, insluitend die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Sy medebeskuldigde, sekuriteitsbeampte Adriaan Snyman, is vrygespreek.
Landdros Twanet Olivier het beslis dat die verdediging nie daarin geslaag het om die staat se saak bo redelike twyfel te weerlê nie.
Die saak is tot 23 Januarie 2026 vir voor-vonnislegging uitgestel.






Comments