Kaapstad ontvang sy eerste besending elektriese MyCiTi-busse

5 hours ago
1 min read
Die Stad Kaapstad het sewe battery-elektriese busse ontvang as deel van sy plan om 38 nuwe busse tot die MyCiTi-vloot toe te voeg.
Nog 13 busse word volgende maand verwag, terwyl die oorblywende 17 tussen Januarie en Maart 2027 sal arriveer. Die eerste 21 busse is bestem vir die N2 Express-diens, wat Mitchells Plein en Khayelitsha bedien.
Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê die busse sal na verwagting bedryfskoste verminder en skoner openbare vervoer ondersteun.
LUISTER HIER:
Rob Quintas









Comments