KARATE: Chrisné van Deventer kom terug met brons om die nek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 10
- 1 min read

Chrisné van Deventer die jongste Vrystater wat aan vanjaar se Shotokan Karate Wêreldkampioenskap in Japan gaan deelneem het, is met brons om haar nek terug in Bloemfontein.
Die kampioenskap wat elke tweede jaar plaasvind is vir die 17de keer sedert sy ontstaan in 1991 aangebied.
Chrisné het deelgeneem in die kata en kumite afdeling waar sy brons vir haar kumite, en 6de plek vir haar kata verwower het.
Slegs 10 Bloemfonteiners het die kampioenskap bygewoon en altesaam 3 medaljes terug gebring. Sensei Quentin Rourke, een van Chrisné se senseis, het 'n silver medalje verower, terwyl Robert Rijkheer goud vir sy kata verwower het.
Chrisné sê dit was vir haar 'n groot eer en dat sy dit geniet het om teen die ander lande se kinders deelteneem. Dié 10-jarige is nog lank nie klaar met karate nie.





Comments