top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kenners waarsku dat die nul-alkoholbeleid nie die hele padveiligheidsprobleem aanspreek nie

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 5
1 min read

Die regering se voorgestelde nul-alkoholbeleid vir motoriste laat volgens regskenners ’n belangrike deel van die padveiligheidsprobleem buite rekening, naamlik voetgangers wat onder die invloed van alkohol is.


Volgens BusinessTech wil die minister van Vervoer, Barbara Creecy, die toegelate bloedalkoholvlak vir bestuurders deur wetwysigings tot nul verlaag.


Meer as 18 000 mense is tussen Maart en Augustus vanjaar weens dronkbestuur in hegtenis geneem, wat sowat ’n derde van alle verkeersverwante arrestasies verteenwoordig.


Cor van Deventer van die regsfirma Van Deventer Dowlath en Marx sê dronk voetgangers dra ook by tot die land se hoë padsterftesyfer. Hy waarsku dat die nuwe beleid dus nie net op bestuurders moet fokus nie.


Regskenners meen die sukses van die voorgestelde beleid sal ook afhang van betroubare asemtoetse en behoorlike wetstoepassing.


 Barbara Creecy. FOTO: Facebook
 Barbara Creecy. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page