top of page

KRAGOPTEL: Die Bloem Barbell Club lewer Wêreldkampioene op

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 13
  • 1 min read

Die Bloem Barbell Club het die afgelope week Bloemfontein trots gemaak tydens die 2025 WPC Wêreldkragoptel-kampioenskappe wat in Durban gehou is.


Vier plaaslike atlete het uitmuntende vertonings gelewer en elkeen ’n wêreldtitel in hul onderskeie afdelings verower.


Guy Conry is aangewys as Wêreldkampioen 2025 met ’n indrukwekkende squat van 245kg, bench van 165kg – wat ook ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord is – en ’n deadlift van 255kg, vir ’n algehele totaal van 665kg.


Mariaan Conry het ook die Wêreldkampioen-titel in die Bench Only-afdeling ingepalm met ’n bench van 112.5kg, wat ’n nuwe wêreldrekord asook 'n persoonlike beste is.


Bernice van der Westhuizen het haar Wêreldkampioen-titel verseker met ’n totaal van 417.5kg, insluitend ’n squat van 162.5kg, bench van 90kg - ’n nuwe persoonlike beste- en 'n deadlift van 165kg.


Andrea Böhmer het ook as 'n Wêreldkampioen uit die stryd getree met ’n totaal van 345kg, bestaande uit ’n squat van 125kg, 'n persoonlike beste bench van 72.5kg en 'n deadlift van 147.5kg.


Ter Illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter Illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page