KRIEKET: Ben Stokes gaan SA20-toernooi weens besering misloop
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 9, 2025
- 1 min read
Die Engelse krieketspeler Ben Stokes gaan vanjaar se SA20-toernooi weens ‘n geskeurde dyspier misloop. Stokes het onlangs ‘n operasie ondergaan na hy die besering opgedoen het in ‘n toetswedstryd teen Nieu-Seeland in Desember. Die 33-jarige was veronderstel om vir MI Cape Town te verteenwoordig maar hy word nou vervang deur Sediqullah Atal van Afghanistan. Die 2025 SA20-toernooi begin Donderdag met MI Cape Town wat in Gqeberha gaan kuier by die verdedigende kampioene die Sunrisers Eastern Cape.






Comments