KRIEKET: Die Proteas bring hulle Mace-toer deur Bloemfontein
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 22, 2025
- 1 min read
Die Proteas is onlangs as die Internasionale Krieketraad se Wêreldtoetskampioene gekroon.
Die Proteas sal die Mace op toer neem, om 6 stede in 4 dae te besoek. Bloemfontein is een van die stede wat ‘n besoek van die Proteas sal kry.
Die span sal Dinsdag, 23 September, by die Tshoseletso Hoërskool in Rocklands Bloemfontein wees, van 12:30 tot 14:00 en ondersteuners word genooi om die Mace en span te kom ontmoet.
Ander stede wat ‘n besoek sal kry is Kimberley, Durban, Gqeberha en Oos-Londen.
Die Mace-toer sal Vrydag die 26ste September in Kaapstad tot ‘n einde kom.






Comments