top of page

KRIEKET: Die Proteas wys karakter in Kolkata

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 17
  • 1 min read

Die Proteas het ’n merkwaardige oorwinning die naweek in Kolkata behaal, toe hulle die eerste toets teen Indië met 30 lopies wen nadat die tuisspan vir net 93 uitgeskakel is.


Simon Harmer het die Indiese kolwers in albei beurte ontwrig en met ’n uitmuntende 8-51 geëindig, terwyl Temba Bavuma se enigste vyftigtal van die toets van kritieke belang was.


Harmer is as speler van die wedstryd bekroon, terwyl Indië se kaptein, Shubman Gill, weens ’n nekbesering nie verder kon speel nie.


FOTO: Brett Fish
FOTO: Brett Fish

Comments


bottom of page