KRIEKET: Gary Kirsten bedank as Pakistan afrigter
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 29, 2024
- 1 min read
Die voormalige Proteakolwer, Gary Kirsten, het bedank as die afrigter van Pakistan se witbal-span. Dit kom ná minder as ses maande in die pos en kort voor Pakistan se toer na Australië. Daar is tot op hede nie ‘n rede gegee vir Kirsten se vertrek nie, maar luidens berigte was die Suid-Afrikaner ongelukkig oor die Pakistanse Krieketraad se besluit om hulle uit te sluit wanneer dit by spankeuses kom. Die afrigter van Pakistan se toetsspan, Jason Gillespie, neem by Kirsten oor.






Comments