KRIEKET: Glen Maxwell is uit die T20-reeks in Nieu-Seeland
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 30
- 1 min read
Australië se Glenn Maxwell is uitgesluit van die T20-reeks in Nieu-Seeland, nadat hy sy arm gebreek het toe hy tydens ‘n netoefening deur ‘n skoot van Mitchell Owen getref is.
Die veelsydige speler sal in die groep vervang word deur paaltjiewagter-kolwer Josh Philippe.
Intussen het die Engelse veelsydige speler, Chris Woakes, sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig nadat hy meegedeel is dat hy nie meer in aanmerking kom vir seleksie nie.
Die 36-jarige het 192 paaltjies in 62 Toetse geneem en meer as tweeduisend lopies aangeteken, en het sy laaste verskyning teen Indië by die Oval verlede maand gemaak.






Comments