top of page

KRIEKET: Indië verneder Australië in eerste kriekettoets in Perth

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 26, 2024
  • 1 min read

Die Australiese mansspan is verneder in die eerste toets in Perth nadat Indië die tuisspan met  295 lopies geroskam het. Na beide spanne se kolwers onder presteer het in die eerste kolfbeurte kon die Indiërs met ‘n reuse 487 / 6 in hul tweede beurt antwoord. Dit was danksy honderdtalle deur Yashasvi Jaiswal en Virat Kohli waarna die Baggy Greens  slegs 238 lopies op die telbord kon sit voor almal uitgehaal is. *Die tweede toets in die reeks van vyf wedstryde begin op 6 Desember in Adelaide.

 
 
 

Comments


bottom of page