top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: MI Cape Town neem eerste plek oor op SA20 punteleer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 14, 2025
1 min read

MI Cape Town het die eerste plek ingeneem op die SA20 punteleer ná hulle Maandagaand op Nuweland die Paarl Royals met 33 lopies verslaan het. Die Kaapse span was eerste aan die kolf na kaptein Rashid Khan die loot gewen het, en ‘n puik 79 lopie vennootskap tussen Reeza Hendricks en Rassie van der Dussen help hulle om 172-vir-sewe op die telbord te sit. Die Paarl Royals se kolfaanval kon toe net nie aanskakel nie, en beleef ‘n kolfineenstorting in die middelorde. Die Bolandspan kon slegs 139-vir-nege maak in hulle toegelate 20 boulbeurte. Reeza Hendricks het na die tyd met die media gesels en die spangees geprys. LUISTER:

 
 
 

Comments


bottom of page