top of page

KRIEKET: MI Cape Town wen gemaklik teen Sunrisers Eastern Cape in SA20-reeks in Gqeberha

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 10, 2025
  • 1 min read

Die Sunrisers Eastern Cape wat die verdigende SA20-kampioen is het ’n swak wegtrek gehad in die openingswedstryd van die SA20-reeks toe MI Cape Town die eerste wedstryd in vanjaar se kompetisie op St.Georges Park met 97 lopies gewen het. MI Cape Town het eerste gekolf en 174 / 7 op die telbord geplaas met Dewald Brevis wat uitgeblink het en ’n warrelwind beurt van 57 van slegs 29 aflewerings en is goed bygestaan deur die Speler van die Wedstryd Delano Potgieter met sy bydrae van 25 lopies. Die Sunrisers se kolwers kon glad nie aan die gang kom nie en was almal uitgeskarrel vir 77 in die 15de boulbeurt waar Potgieter vyf kolwers laat terugstap het vir net tien lopies. In wedstryd nommer twee pak die Durban Super Giants die Pretoria Capitals op Kingsmead Vrydagmiddag met diè wedstryd wat ook om 17:30 begin.

 
 
 

Comments


bottom of page