KRIEKET: Nieu-Seeland as nuwe vroue T20 Wêreldbeker-kampioen gekroon
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 21, 2024
- 1 min read
Die Protea vroue krieketspan se droom om ’n eerste T20 Wêreldbeker toernooi te wen is aan skerwe geruk nadat Nieu-Seeland hulle Sondag in die eindstryd met 32 lopies in Dubai geklop het. Die White Ferns het eerste gekolf en 158 / 5 opgestapel terwyl die Speler van die Toernooi Amelia Kerr 43 kon bydra en het ook goeie ondersteuning van Brooke Halliday ontvang - met 38 lopies van 28 aflewerings. Die Proteas het hul kolfbeurt versigtig begin maar swak houespel het die Suid-Afrikaners se momentum regdeur die kolfbeurt ontwrig en moes die span uiteindelik met 126 / 9 tevrede wees. Nieu-Seeland se mansspan het ook ’n skitter sportnaweek vir diè land afdgesluit nadat die Black Caps Indië met agt paaltjies in die eerste toets in Bangalore kon troef.






Comments