KRIEKET: Nieu-Seeland verpletter Zimbabwe in die toetsreeks in Harare
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 11, 2025
- 1 min read
Nieu-Seeland het Zimbabwe in die tweede toets nog ’n krieketles geleer toe die Swart Pette die Chevrons met ’n beurt en 359 lopies afgeransel het. Die tuisspan is in hul eerste beurt vir slegs 125 lopies uitgeknikker waarna die besoekers met ’n reuse 601 / 3 geantwoord het. Die Suid-Afrikaans gebore Devon Conway het 153 opgestapel terwyl Henry Nicholls en Rachin Ravindra die sout verder in die wonde van Zimbabwe gevryf met onoorwonne beurte van 150 en 165 onderskeidelik. In die Chevrons se tweede kolfbeurt het dit nog slegter gegaan en was hulle almal terug in die kleedkamer vir net 117 lopies. Nieu-Seeland wen dié toetstreeks 2 – 0.






Comments