KRIEKET: Opwindende skedule wag op Protea vroue
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 6, 2024
- 1 min read
Krieket Suid-Afrika het ‘n opwindende skedule aangekondig vir die Protea vroue tussen 2025 en 2029. Die Suid-Afrikaanse vroue sal gasheer speel vir toere van Indië, Australië, Pakistan en die Wes-Indiese Eilande en gaan ook verder toere onderneem na Engeland, Nieu-Seeland, Bangladesh en Zimbabwe. Die 2029 Krieket Wêreldbeker vir vroue word ook na 11 spanne vergroot waar Zimbabwe hulle debuut in diè toernooi sal maak.






Comments