top of page

KRIEKET: Oud-Protea se seun in die groep wat Pakistan pak in toetse

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 20, 2024
  • 1 min read

Die seun van ‘n oud-Proteakrieketspeler is ingesluit in die Suid-Afrikaanse groep wat in twee toetswedstryde teen Pakistan te staan sal kom. Corbin Bosch is deel van die 16-man groep en volgens afrigter Shukri Conrad gee hy diepte aan die groep weens sy vaardighede met die kolf en hy gee die Protea boul aanval nog byt. Die 30-jarige se oorlede pa Tertius het in 1992 een Toets vir Suid-Afrika gespeel waarin hy Brian Lara se paaltjie geneem het. Hy het ook twee eendagwedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Die Toetsreeks teen Pakistan begin op 26 Desember.

 
 
 

Comments


bottom of page