top of page

KRIEKET: Pakistan het die botoon gevoer op die openingsdag van die eerste toets teen Suid-Afrika

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 13
  • 1 min read

Pakistan het die botoon gevoer op die openingsdag van die eerste toets teen Suid-Afrika en op 313-5 afgesluit, ná Shan Masood besluit het om eerste te kolf.


Die Proteas het drie draaiers, Simon Harmer, Prenelan Subrayen en Senuran Muthasamy, ingespan, maar het die ervaring van die beseerde Keshav Maharaj duidelik gemis.


Kagiso Rabada het vroeg deurslag gelewer, maar met Mohammad Rizwan en Salman Agha steeds aan die kolf, sal Suid-Afrika vinnig moet toeslaan om hulself ‘n kans te gun.


FOTO: WIx
FOTO: WIx

Comments


bottom of page