top of page

KRIEKET: Protea vroue val vas teen Engelse in 1ste T20 wedstryd in Oos-Londen

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 25, 2024
  • 1 min read

Die Protea vroue het hul eerste wedstryd in die T20-reeks teen Engeland met 4 paaltjies verloor op Buffalo Park in Oos Londen. Die Suid-Afrikaners het eerste gekolf en 142 / 5 aangeteken met Nadine de Klerk wat nie uit nie was op 29. Die besoekers het daarna versigtig begin en die wenteiken met vier aflewerings oor bereik. Natalie Sciver-Brunt het Engeland se beurt geanker met 59 lopies wat sewe viere ingesluit het. Die volgende wedstryd word Woensdag in Benoni gespeel.

 
 
 

Comments


bottom of page