top of page

KRIEKET: Protea vrouegroep vir reeks teen Engeland aangekondig

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 12, 2024
  • 1 min read

Krieket Suid-Afrika het die Protea vroue groep aangekondig wat later die maand teen Engeland te staan sal kom. Drie veranderinge is aan die T20-groep gemaak wat verlede maand die eindstryd van die T20 krieketwêreldbeker gehaal het. Eliz-Mari Marx, Nondumiso Shangase en Faye Tunnicliffe vervang vir Marizanne Kapp,  Ayabonga Khaka en Mieke de Ridder. Die Engelse kom toer in Suid-Afrika waar daar ‘n drie wedstryd T20- en Eendag-reeks beslis sal word voor ‘n geskiedkundige toetswedstryd in Bloemfontein wat die eerste een in Suid-Afrika sedert 2002 sal wees.

 
 
 

Comments


bottom of page