top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Protea-vrouekrieketspan verloor T20-reeks teen Engeland

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 28, 2024
1 min read

Engeland se vrouekrieketspan het gister die T20-reeks teen die Proteas in Benoni beklink. Die Proteas moes gister se wedstryd wen om die reeks gelykop te maak en ’n kans te hê om dit in die laaste wedstryd te wen. Suid-Afrika het die loot gewen en Engeland gestuur om eerste te kolf. Dit blyk ‘n slegte besluit te wees, want Engeland het hul teenstanders ‘n teiken van 205 lopies gestel om te wen. Die Proteas het 36 lopies kort van die teiken geval. Die derde wedstryd word Saterdag in Centurion gespeel.

 
 
 

Comments


bottom of page