KRIEKET: Proteas besluit om eerste te boul
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 3, 2025
- 1 min read
Die Proteas het die loot gewen en besluit om eerste te boul in die tweede eendagwedstryd teen Indië in Raipur.
Met terugkeer van kaptein Temba Bavuma en snelbouler Lungi Ngidi in die begin-elf, hoop Suid-Afrika op ’n sterk vertoning en ʼn reeks-gelykmaker ná hul verlies in die openingswedstryd.
Die span het veranderinge in die aanloop tot die wedstryd gemaak: onder andere is Quinton de Kock opgegradeer om saam met Aiden Markram die openingskolf te hanteer.







Comments