top of page

KRIEKET: Proteas klop Pakistan in eerste eendagwedstryd in die Paarl

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 18, 2024
  • 1 min read

Pakistan het die eendagreeks teen die Proteas Dinsdag in die Paarl op ’n wennoot afgeskop en met drie paaltjies die septer geswaai. Die tuisspan het eerste gekolf en 239 / 9 lopies aangeteken met Heinrich Klaasen wat weereens uitgeblink het met die wilgerlat en 86 lopies kon bydra terwyl Agha Salman die besoekers se beste bouler was met sy wegbreke en het vier paaltjies laat tuimel vir 32 lopies. Pakistan het stadig begin en was op ’n stadium 60 / 4 maar die openingskolwer Saim Ayub het die beurt geanker met sy 109 wat tien viere en drie sesse ingesluit het. Die tweede wedstryd in die reeks van drie word Donderdag op Nuwleand in die Kaap beslis. *Engeland het die enigste toets teen die Protea vroue op ’n drafstap op die derde dag met 286 lopies in Bloemfontein gewen. Die besoekers is in hul tweede beurt vir 236 uitgehaal met die kaptein Heather Knight wat die voorbeeld gestel met ’n puik beurt van 90 lopies. Die Protea draaibouler Nonkululeko Mlaba het die beste met die bal gevaar en 6 / 67 platgetrek. Engeland het aan die tuisspan ’n wenteiken van 350 gestel maar was almal in die 20ste boulbeurt uitgeknikker vir ’n skamele 64 met Marzanne Kapp se 21 wat die hoogste telling van die tweede beurt was.

 
 
 

Comments


bottom of page