top of page

KRIEKET: Proteas lewer historiese vertoning in Indië

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 26, 2025
  • 1 min read

Die Proteas het 'n historiese vertoning in Indië gelewer toe hulle 'n verpletterende oorwinning van 408 lopies in die tweede toets in Guwahati behaal het, en die reeks met 'n 2–0 oorwinning oor die Indiese nasionale krieketspan beklink het.


Simon Harmer het 'n indrukwekkende 6/37 op die laaste dag aangeteken en die reeks met 17 paaltjies afgesluit en hom die Speler van die Reeks-eerbewys besorg het.


Intussen het Aiden Markram veldwerkgeskiedenis herskryf en 'n wêreldrekord van nege vangslae in die wedstryd behaal, wat gehlp het om Indië vir slegs 140 lopies uit te haal, terwyl hulle 549 nagejaag het.


Die oorwinning is die Proteas se eerste Toetsreeksoorwinning in Indië in 25 jaar.


Ter Illustrasie. FOTO: BBC
Ter Illustrasie. FOTO: BBC

Comments


bottom of page