top of page

KRIEKET: Royals se draaiers maak Kaapstad stil

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 5
  • 1 min read

Die Paarl Royals het hul derde SA20-oorwinning op ’n streep behaal toe hulle MI Cape Town met sewe paaltjies geklop het, nadat die tuisspan vir ’n skamele 88 lopies in net meer as 18 boulbeurte uitgeknikker is.


Die besoekers se draaiers was genadeloos, met Sikandar Raza en Mujeeb Ur Rahman wat saam net 30 lopies in agt boulbeurte afgestaan het, terwyl Raza met ’n uitstekende 4-13 beloon is as speler van die wedstryd.


Die vertoning was des te meer indrukwekkend as ’n mens onthou dat die Royals in hul eerste wedstryd van die seisoen vir net 49 uitgeboul is.


Paarl Royals. FOTO: Blenheim Chalcot
Paarl Royals. FOTO: Blenheim Chalcot

Comments


bottom of page