top of page

KRIEKET: SA o/19 vroue open WB-veldtog met sege oor Nieu-Seeland

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 20, 2025
  • 1 min read

Die S.A. o/19 vroue het hul openingsveldtog in vanjaar se T20 wêreldbeker-toernooi op ’n wennoot afgeskop nadat hulle Nieu-Seeland in ’n reën ontwrigte wedstryd met 22 lopies in Sarawak in Maleisië kon troef. Die wedstryd is na 11 boulbeurte per span verminder met die Suid-Afrikaners wat gevra was om eerste te kolf en  91 / 7 bymekaar kon maak. Die openingspaar van Jemma Botha en Simonè Lourens het die platvorm gelê met ’n stewige 52 lopie-vennootskap. Die Protea boulers het daarna die Kiwi-kolwers se aanslag beperk met Monalisa Legodi wat geskitter het met ’n ontleding van 2 / 8 terwyl Kayla Reyneke haar goed ondersteun het deur self twee paaltjies te geneem het vir 15 lopies. *Die Jong Proteas is Maandagoggend weer in aksie teen Samao met diè wedstryd wat om 08:30 (SA tyd) begin.

 
 
 

Comments


bottom of page