KRIEKET: SABC gaan al Proteas se tuiswedstryde uitsaai
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 8, 2024
- 1 min read
Die SABC gaan die krieketseisoen al die Proteas se tuiswedstryde uitsaai. Dit kom ná ‘n ooreenkoms tussen Krieket Suid-Afrika en die SAUK, met die openbare uitsaaier wat aangewys is as die amptelike gratis uitsaaier van krieketwedstryde. Vandag se eerste T20-wedstryd in die Proteas en Indië se reeks van vier wedstryde sal op die SABC te sien wees. Die uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika, Pholetsi Moseki, het in ‘n verklaring gesê dat hy bly is dat meer plaaslike krieketondersteuners nou die aksie op TV kan volg.






Comments