top of page

KRIEKET: Sunrisers Hyderabad se Heinrich Klaasen sorg vir laaste vuurwerke in IPL

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 26, 2025
  • 1 min read

Heinrich Klaasen het in wedstryd nommer 68 van die IPL ‘n skouspelagtige onoorwonne 105 aangeteken vir die Sunrisers Hyderabad teen die Kolkata Knight Riders in ’n wedstryd wat van akademiese belang was. Die Sunrisers het ’n reuse 278 / 3 opgestapel en daarna die Knight Riders tot 168 almal uit beperk in die 19de boulbeurt. Klaasie  se beurt van slegs 39 aflewerings het sewe viere en nege sesse ingesluit waar hy sy voormalige Protea spanmaat Anrich Nortje in vier boulbeurte vir 60 lopies getimmer het. *Die Punjab Kings en Gujarat Titans speel in die eerste Kwalifiseerder - wedstryd Donderdag en kry elkeen twee kanse om die eindstryd te haal waarna RCB en die Mumbai Indians in die Elimineerder  die volgende dag sal meeding waar die verloorder dan sy tasse sal moet pak.

 
 
 

Comments


bottom of page