KRIEKET: Tabraiz Shamsi vrygestel van sy KSA kontrak
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 4, 2024
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse draaibouler Tabraiz Shamsi het gevra om dadelik vrygestel te word van sy internasionale kontrak. Luidens ’n verklaring van Krieket Suid-Afrika is dit omdat Shamsi homself beskikbaar wil maak vir T20-ligas oor die wêreld. Krieket Suid-Afrika se direkteur van krieket Enoch Nkwe het bevestig dat Shamsi steeds beskikbaar sal wees vir die Proteas en hom bedank vir sy deursigtigheid oor die saak.






Comments