KRIEKET: Temba Bavuma beklee nou sewende de plek op IKR toetskolwer ranglys
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 13, 2024
- 1 min read
Die kaptein van die Suid-Afrikaanse mansspan Temba Bavuma beklee tans sy beste posisie op die Internasionale Krieketraad se ranglys vir toetskolwers. Bavuma se puik vertonings in die twee wedstryd toetsreeks teen Sri Lanka waar hy ‘n totaal van 327-lopies gemaak het oor die twee wedstryde het gesien dat hy met drie plekke klim en nou sewende op die ranglys pronk. Intussen het die Engelsman Harry Brook sy landgenoot Joe Root vervang in die eerste plek.






Comments