KRIEKET: Weer stuit die finale T20-kragmeting
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Updated: 1 day ago
Weerlig gevolg deur bestendige reën het daartoe gelei dat die derde en laaste vroue-T20-wedstryd tussen Suid-Afrika en Ierland by Willowmoore Park in Benoni afgelas is.
Die swak weer het beteken dat spel gisterannd nooit aan die gang gekom het nie.
Suid-Afrika het steeds die reeks met 2-0 beklink ná oorheersende oorwinnings van 105 lopies in Kaapstad en 65 lopies in die Paarl.
Kaptein, Laura Wolvaardt, sê die span se fokus verskuif nou na die eendagreeks, wat Saterdag by Buffalo Park in Oos-Londen begin.
Laura Wolvaardt






Comments