Kritiek laat die ANC dink
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 3
- 1 min read
Die Sentrum vir Risiko-ontleding sê volgehoue kritiek op die land se rasgebaseerde wette laat sommiges binne die ANC daaroor dink.
Die wetgewing oor Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging het onlangs onder toenemende kritiek van sakeleiers, belangegroepe en politieke partye deurgeloop.
Die minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, het sedertdien aangekondig dat die regering beplan om die wetgewing te hersien.
Daar word verwag dat sy departement die eerste fase van die hersiening sal uitvoer, wat teen Maart voltooi behoort te wees.
Die sentrum se Chris Hattingh sê die hersiening is betekenisvol omdat dit toon dat die wetgewing gebrekkig is en nie die verwagtinge wat daarin gestel is, vervul het nie.






Comments