Malema moet tronk toe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 16
- 1 min read
Die EFF-leier, Julius Malema, is in die Oos-Londen-landdroshof tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis.
Nuusflits berig die vonnis hou verband met aanklagte van die roekelose afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied, asook die onwettige besit van ammunisie.
’n Bykomende vonnis van twee jaar is ook opgelê vir die tweede aanklag, die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.
Volgens AfriForum is die vonnis nie opgeskort nie en behels dit direkte gevangenisstraf.
Malema se regspan reeds aangedui het dat hulle teen die uitspraak gaan appelleer.
Daar word ook beweer dat hy waarskynlik borgtog hangende die appèl sal kry, wat beteken hy kan intussen vry bly.
AfriForum sê verder indien die vonnis bekragtig word, kan dit moontlik sy setel as lid van die Parlement beïnvloed.
Volgens berigte kan die uitkoms van die appèlproses ook implikasies hê vir sy posisie as lid van die Parlement.








Comments