Malema staar dalk meer as ‘n jaar se tronkstraf in die gesig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 22
- 1 min read
Regskundiges sê die leier van die EFF, Julius Malema, kan tot meer as 12 maande tronkstraf gevonnis word indien hy nie berou toon nie.
Hy sal na verwagting Vrydag na die Oos-Londense Landdroshof in die Oos-Kaap vir ‘n voorvonnisverhoor terugkeer.
Malema is skuldig bevind op aanklagte van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, die afvuur van ‘n geweer in die openbaar en roekelose bedreiging van menselewens.
Volgens regskundige, Ulrich Roux, sal Malema se bereidwilligheid om berou te toon en verantwoordelikheid te aanvaar, van kritieke belang wees.
Roux waarsku dat voortgesette bewerings van politieke vervolging Malema se vonnisoplegging negatief kan beïnvloed.







Comments