top of page

Man vasgetrek vir kinderpornografie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 18
  • 1 min read

Die polisie in Gauteng het ‘n 35-jarige verdagte in hegtenis geneem vir die besit en verspreiding van kinderpornografie. Die ondersoekspanne het die verdagte se huis in Midrand deursoek en beslag gelê op elektroniese toestelle wat na raming tien-miljoen pornografiese beelde en video’s bevat het. Beamptes het ook beslag gelê op kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is. Die verdagte se inhegtenisneming volg op inligting wat deur internasionale wetstoepassers gedeel is. ‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Amanda van Wyk, sê die verdagte sal volgende week in die Randburg-landdroshof verskyn. LUISTER:

 
 
 

Comments


bottom of page