Menslike oorskot is by 'n Bfn brug gevind
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 44 minutes ago
- 1 min read
Konstruksiewerkers het menslike oorskot versteek in plastieksakke by die N1-suidbrug in Bloemfontein ontdek.
'n Polisieverklaring sê die nadoodse ondersoek het getoon dat die oorskot aan ’n volwasse man behoort, geskat tussen 25 en 35 jaar oud en ongeveer 1,8 meter lank. Die forensiese verslag dui aan dat die oorledene ’n noodlottige skietwond aan die regterkant van die boonste ribbekas opgedoen het.
Met verdere ondersoek op die toneel het die polisie ontdek die oorskot is in twee komberse en ’n laken toegedraai.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê die saak word as 'n moordondersoek hanteer.








Comments