Miljoene kiesers kan vandag hul stem in Suid-Afrika uitbring

Sowat 29,2 miljoen kiesers is landwyd geregistreer om Woensdag aan die plaaslikeregeringsverkiesing deel te neem.
Volgens inligting wat deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gedeel is, is 23 696 stemlokale regoor die land ingerig, met sowat 188 000 verkiesingsbeamptes ontplooi om die stemproses te behartig.
Tydens die twee dae van spesiale stemmery het sowat 1,4 miljoen kiesers hul stemme uitgebring. Hiervan was 75 946 in die Vrystaat. Die spesiale stemme sal saam met Woensdag se stemme getel word.
Stemlokale is tot negeuur Woensdagaand oop. Kiesers mag slegs by die stemlokaal waar hulle geregistreer is, stem.
Onthou om jou groen strepieskode-ID-boek, slim-ID-kaart of geldige tydelike ID-sertifikaat saam te neem.










Comments