Ministers vergadering oor toenemende protesoptogte teenonwettige immigrante
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 54 minutes ago
- 1 min read
Die ministers van justisie, misdaadvoorkoming en sekuriteit sal Maandag ’n dringende vergadering hou oor die toenemende protesoptogte teen immigrasie en onwettige immigrante.
Dit volg op optogte regoor die land deur die organisasie March and March. Die organisasie sê dit is nie teen immigrante gekant is nie, maar teen onwettige immigrante wat in die land is.
Dit het die regering versoek om grensbeveiliging te verbeter. Maandag se vergadering sal amptenare insluit wat verantwoordelik is vir nasionale veiligheid.








Comments