top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Misa eis optrede teen padspykers en klipgooiery op snelweë

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
22 hours ago
1 min read

Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) doen opnuut ’n beroep op die polisie om hul sigbare teenwoordigheid by geïdentifiseerde brandpuntgebiede waar padspykers en klippe gebruik word, te verhoog.


Dit volg nadat ’n motoris die afgelope naweek doodgeskiet is tydens ’n beweerde roof nadat hy langs die N1 stilgehou het.


Volgens berigte is die man gedwing om af te trek nadat spykers wat doelbewus op die pad geplaas is, sy voertuig beskadig het.


Misa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die voorval is deel van ’n kommerwekkende patroon van geweldsmisdaad wat motoriste op snelweë teiken.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page